As die Here antwoord…

Ek het al talle male in my lewe pleitend voor die Here gestaan en gesmeek vir dinge. Ek was al geseënd genoeg om te sien hoe my gebede verhoor word, maar ek moes al male sonder tal aanvaar dat my wil nie noodwendig ooreenstem met…

Die weduwee se kruik

Elke oggend staan ek vroeg op. Lank voor die res van my gesin – veral die afgelope paar weke. Dit is vir my siel nodig om die stilte in te drink en daardie klein bietjie alleen-tyd vas te gryp voor die dag aan die gang…

Jou Skippie

Daar is min dinge wat my so sleg laat voel oor my eie ma-wees, soos ʼn preek oor ouerskap. Gisteraand luister ek weer so preek op ons gemeente se Facebook-blad, met die hoop dat die saad sal val en sal opkom as ʼn welige boom…

Die Beloofde Land

Miskien is dit tyd dat ons terugkyk op ons pad en die wonderwerke raaksien. Miskien is dit tyd dat ons die bagasie wat saam met ons uit Egipte gekom het afgooi, verbrand, laat gaan en die nuwe heelhartig omarm. Dit is tyd om op te hou kyk na die feestafels van die ander volke en onsself vol maak met die melk en heuning, manna en kwartels wat God vandag vir ons gee.

Woord – ‘n Getuienis

Ek glo in die waarde van woorde. Elke woord moet geweeg word voor ek dit in ‘n boek kan gebruik. Ek het die afgelope jaar egter met ander woorde gestoei. Hierdie is my getuienis.

Uit die mond van die boom – Stella

Ek en my eie persoonlike ridder was onlangs by ʼn konsert van ʼn uiters talentvolle nuwe Afrikaanse sangeres. Die hele vertoning lank was ons albei die ene hoendervleis! En toe begin sy te vertel van die boom in die Laeveld… Vir ʼn week lank maal…

Liefste Didi

Vandag wil ek vir jou ʼn brief skryf omdat ek besef dat ek soveel lesse geleer wat ek graag sou wou hê jy moet weet op 18.