Die name van God

As ek myself voorstel, begin ek gewoonlik met die volgende: “Hallo, ek is Didi.” Dit is ʼn baie eenvoudige sin, maar in die stelling is daar ʼn hele lewe opgesluit.

Wie is ek?

Oor my identiteit weet ek EK IS noem my Sy kind en al weet ek nog nie met sekerheid wat in die volgende weergawe van my biografie gaan staan nie, weet ek dat ek niks is, sonder Hom in my lewe nie.

'n Gedig vir my dogter

As die Here antwoord…

Ek het al talle male in my lewe pleitend voor die Here gestaan en gesmeek vir dinge. Ek was al geseënd genoeg om te sien hoe my gebede verhoor word, maar ek moes al male sonder tal aanvaar dat my wil nie noodwendig ooreenstem met…

Die weduwee se kruik

Elke oggend staan ek vroeg op. Lank voor die res van my gesin – veral die afgelope paar weke. Dit is vir my siel nodig om die stilte in te drink en daardie klein bietjie alleen-tyd vas te gryp voor die dag aan die gang…

Jou Skippie

Daar is min dinge wat my so sleg laat voel oor my eie ma-wees, soos ʼn preek oor ouerskap. Gisteraand luister ek weer so preek op ons gemeente se Facebook-blad, met die hoop dat die saad sal val en sal opkom as ʼn welige boom…

Die Beloofde Land

Miskien is dit tyd dat ons terugkyk op ons pad en die wonderwerke raaksien. Miskien is dit tyd dat ons die bagasie wat saam met ons uit Egipte gekom het afgooi, verbrand, laat gaan en die nuwe heelhartig omarm. Dit is tyd om op te hou kyk na die feestafels van die ander volke en onsself vol maak met die melk en heuning, manna en kwartels wat God vandag vir ons gee.

Woord – ‘n Getuienis

Ek glo in die waarde van woorde. Elke woord moet geweeg word voor ek dit in ‘n boek kan gebruik. Ek het die afgelope jaar egter met ander woorde gestoei. Hierdie is my getuienis.

Die soeke na Eden

Ek soek nog steeds na Eden. Maar ek is nie meer bang vir die wag buite die hek nie, want ek weet ek is nie alleen daar nie. Selfs as my susters die aand na hul eie huise toe terugkeer om hulle eie drake te veg, gaan slaap ek steeds langs Adam – en vir nou is dit my paradys.