Didi Potgieter Boeke

‘n Tweedehandse Lewe

’n Nuwe begin vir almal …
Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en
haar grootste droom te bewaarheid. Sy koop ʼn praktyk en ʼn huis op die kusdorpie, Soutstrand, wat albei net soveel restourasie as haar lewe nodig
het.
Kobus Retief is ʼn enkelouer met meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer, maar wanneer hy moet help om die nuwe dokter se praktyk en sommer ook haar huis op te knap, herinner iets hom dat hy ʼn man ook is.
Carla se planne sluit egter nie ʼn man in nie en Kobus kan haar niks anders as ʼn tweedehandse lewe bied nie. Tog laat die liefde hom nie keer nie en voor Carla hom kan stop, restoureer Kobus haar vervalle hart en word sy deel van ʼn lewe wat haar wildste drome oortref.

Hart van Kant

Is daar vir hulle ’n toekoms?

Amanda White se loopbaan as ontwerper is op dreef. Sy het al drie Steely Sisters se trourokke ontwerp en sy is self amper verloof. Daar is egter ʼn klippie in haar skoen: Clinton Anderson, die hardkoppige veearts wat sy deur die Steely Sisters leer ken het.

Clinton red weggooi-perde omdat hy self ʼn weggooi-kind was. Hy soek nie hulp nie, veral nie van ʼn beeldskone vrou wat sy kop deurmekaarkrap nie.

Die liefde is egter sterkter as vooropgestelde idees en die twee besef vinnig dat die aangetrokkenheid tussen hulle dalk tot meer kan lei. Maar Amanda is verloof en die wêreld wag in afwagting vir haar troue, en Clinton is steeds die man met die duister verlede. Is daar vir hulle ’n toekoms?

Hart van Klip

Die vonke spat behoorlik …
Christi is die jongste lid van die suksesvolle Country-groep, Steely Susters.
Haar skoonheid laat die meeste mense twyfel in haar talent en sy is daarop uit om hulle verkeerd te bewys. Na haar vorige verhouding traumaties
geëindig het, weet sy dit is nou haar kans om op haar loopbaan te fokus.
Dan loop sy weer vir Richard Barret raak. Die sexy Ierse musikant en een van die grootste foute van haar lewe. Sy weet dit is die beste om heeltemal
uit sy pad te bly, maar wanneer ’n familietragedie dié twee forseer om saam op Steely Hills te bly, spat die vonke behoorlik!

Hart van Ys

Net hy kan haar hart warm maak Emily Williams is die ruggraat van die Steely Sisters, ‘n groep van countrysangeresse. Koel, professioneel en nooit emosioneel nie. Sy het wel een swak plek: Louis Smith, haar hoërskoolliefde en die eienaar van ‘n kroeg in haar tuisdorp. Die nuwe jaar begin nie goed vir Emily nie. Haar halfbroer en beste vriendin raak verloof en sy moet help troue reël terwyl hulle aan hul nuwe album werk, daar is ‘n pragtige vrou van New York aan Louis se sy en haar ma is op die punt om ʼn smerige biegboek oor Emily se verlede te publiseer. Louis het sy eie probleme, maar die grootste een is dat hy steeds hopeloos verlief op Emily-die-ysprinses is. Hart van ys is die tweede boek in Didi Potgieter se Harte-reeks. Dit hanteer disfunksionele familieverhoudings as tema.

Hart van Staal

O, en die soen … Steely Hills is die plek waar Melinda die veiligste voel. Daar kan sy wegkom van die paparazzi en by die perde wees. As ‘n suksesvolle countrysangeres, leef sy haar droom elke dag, maar sy sukkel deesdae om liedjies te skryf. Miskien het dit te doen met George Williams, die eienaar van Steely Hills … O, en die soen. George se groot liefde is die natuur en sy perde. Dit is al wat sy aandag van sy verlede en Melinda aftrek. Nou kom bly sy vir ‘n maand op die plaas en word hy gekonfronteer met sy gevoelens vir die vrou met die silwer stem en hart van goud. Die effek van perdeterapie op die karakters se gemoed, is ‘n interessante tema in die verhaal. Hart van staal is die eerste boek in Didi Potgieter se nuwe Harte-reeks.

Liefde vir ‘n Dromer

Petri is ‘n bofbalspeler in New York en Katryn is ‘n plaasmeisie wat haar stiefpa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament. Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker!

Hierdie boek vorm deel van die suksesvolle Parker-reeks. Volg die skakel vir ‘n voorsmakie van die storie.

.

As dit voel soos liefde

Marc en Natasha weet baie goed dat die passie tussen hulle net tot hartseer kan lei. Hy glo nie in die huwelik nie. Sy is pas geskei. As hul harte tog net die memo ook gekry het …

Liefde vir ‘n liefling

Die liefde kry altyd sy sin …
Vir die wêreld is Tilla Jonker die Parkers se liefling. Sy is nie net aan die stuur van hulle openbare betrekkinge nie, maar ook die hoof van hulle welsynsorganisasie. Haar hart in die laasgenoemde is suiwer, omdat sy self bitter goed weet hoe swaarkry lyk. Vir Sean Thomas is sy net die handtekening op ʼn tjek – nog ʼn rykmans-dogter wat nie weet wat om met al haar geld te maak nie. Totdat Sean vir Tilla ontmoet. Die liefde is egter nie eenvoudig nie, en al voel hulle albei die vonk, is daar reëls aan die spel wat hulle albei speel verbonde. Reëls wat kan verhoed dat daar ʼn toekoms tussen hulle is.

Volg hierdie skakel vir ‘n voorsmakie van die storie.

Liefde vir ‘n feëprinses

Hy is NIE by die werkskontrak ingesluit nie!
Inge se nuwe werk as die Jouberts se au pair beteken sy hoef nie meer slapelose nagte oor finansies te hê nie. Sy sal niks doen wat dié standvastigheid kan bedreig nie. 
Omdat sy die tweeling van kleins af grootgemaak het wen Inge gou Robbie se vertroue en liefde en raak John ook teen sy sin besonder geheg aan haar. Inge het nie tyd of plek in haar lewe vir verhoudings nie maar aangetrokkenheid tot haar baas die aantreklike John Joubert volg nie dié klousule nie en hy is nie by die werkskontrak ingesluit nie.

Liefde vir ‘n cowboy

Ami is New York se gunstelingstouterd, Brad is die goue seun van Country-musiek. Hul Las Vegas-troue is ’n skandaal, maar hulle moet voorgee om verlief te wees om hul families te beskerm. Maar Ami beleef by Brad iets wat sy gedink het nie meer bestaan nie – liefde sonder voorbehoud.

Hoe om ‘n hart te wen

Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle ’n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie.

As dit proe soos liefde

Lisa Steyn keer ná ses jaar terug Suid-Afrika toe om Carel de Villiers se huwelik te stop. Sy het net vier weke tyd. Maar sy hou nie rekening met Carel se broer Johann nie …

Liefde vir ‘n Ridder

Annabel en haar klein Ami moet vir drie maande in New York saam met Jack Parker in sy suite bly. Hy sal dit oorleef. Hy is tog immers nie die troutipe nie. Maar hoekom voel sy hart deesdae so snaaks?

Liefde vir ‘n Vlinder

Emma Parker vlug van haar weelderige lewe in New York om as huishoudster vir Pieter Joubert op sy Bosveldplaas te werk. Hy het ’n groot bloutjie met ’n rykmansdogter in sy verlede geloop en gaan Emma teen alle koste vermy …

‘n Tweedehandse hart

Helene en Cronjé “erf” sy suster se klein dogtertjie en Helene moet noodgedwonge ’n tyd lank op sy plaas gaan woon, al is hulle al vyf jaar van mekaar vervreem. Sodra die aanneming afgehandel is, gaan sy beslis weer Kaapstad toe waar haar werk en lewe is.
Albei van hulle het nog gevoelens vir mekaar, maar die verlede staan reëlreg in die pad van enigiets wat weer tussen hulle sou kon opvlam. 
Teen haar sin kruip klein Carla diep in Helene se hart, en sy smag ook opnuut na Cronjé se liefde, maar dan hoor sy dis neusie verby vir haar omdat hy en die lieflike Lelani op trou staan …

Liefde vir ‘n Vuurvreter

Imke trou halsoorkop met Mark Parker en kom tot haar skok agter dis eintlik Robert, sy broer, wie se naam op die huweliksertifikaat staan. Die Parker-naam moet ten alle koste beskerm word, en Imke en Robert besluit om die charade te leef tot sy haar groenkaart en hy sy wynplaas in Frankryk gekry het. Dan sal hulle paaie skei.
Dis toe nie so maklik om platonies, én boonop getroud, saam in een huis te woon nie.

Leer my liefhê Book Cover

Leer my liefhê

Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe ’n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak.