Kortverhale

Didi Potgieter - Perke

Perke

Lees dit skelm of openlik – jy kies…

Toe Landi die deur oopmaak, staan Gerbrandt voor haar. Die laaste sluk whisky talm nog agter in haar keel. Net een tree, dit is al wat sy hoef te gee, toe is haar hande om sy nek. Sy mond is hard en honger en dit maak haar binneste warmer as die whisky. Sy hande is grof oor haar rug toe dit onder haar hemp ingaan en sy kan nie naby genoeg aan hom kom nie. Nie met haar mond, haar lyf of haar hart nie. Die gedagte aan laasgenoemde bring ’n mate van nugterheid, en sy tree terug. Sy hoop haar glimlag lyk onaangeraak. “Jy proe soos whisky,” sê hy uitasem. Sy lig haar ken en vou haar arms oor haar bors. “Dit is darem goeie whisky.” Sy stap na waar die linnekas altyd was. Oor haar skouer sê sy, “Skink gerus vir jou as jy lus het vir nog.”

Hougoed

Toe Jeanne baie later die vrou met haar volledige stel Royal Albert-koppies, in sneespapier toegedraai, wegstuur en die winkel sluit, voel sy geborge. As sy eendag haar oë toemaak, sal dit sulke oomblikke wees wat sy onthou. En sy sal altyd dankbaar wees vir Frederick Rost en sy insig en liefde, drome wat nie oud word nie, vir Hawaiian-pizza, vliegtuie en vir toeval.

Om haar pinkie

Willem loop draaie om Melissa nadat hulle ’n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai? 

BONUSKORTVERHAAL!
Vir die doodskleed se sakke – Didi Potgieter
Met haar eie lewe aan skrewe, vlug Francisca na die plaas Laaste Rus. Maar die rede waarom sy haar verlowing verbreek het, is die eienaar van die plaas. Sal hulle ’n liefde vind om die doodskleed se sakke te vul?